Key Takeaways

  • Die Filmit kompetisie vir hoërskole, moontlik gemaak deur Atterbury en WeBuyCars, het 70 inskrywings van 35 skole dwarsoor Suid-Afrika en Namibië ontvang.
  • Negentien van die twintig finaliste het teen Oktober 2021 hul films ingedien, wat nou beskikbaar is vir besigtiging op Paul Roos Gimnasium se YouTube-kanaal.
  • Finaliste het mentorskap ontvang deur ‘n opvoedkundige video op YouTube en aanlynmentorskapsessies met vyf Suidooster-akteurs.
  • ‘n Eksterne paneel beoordelaars van Gambit Films, Infinity Films, Nagvlug Films en ander sal wenners in 13 kategorieë kies, met genomineerdes aangekondig op 15 November.
  • Die prysuitdeling sal op Vrydag 10 Desember by Atlantic Studios plaasvind, met twaalf kategoriewenners wat kontantpryse van ClemenGold ontvang.

FILMIT FILMS NOU BESKIKBAAR VIR BESIGTIGING

Hierdie jaar was nie sonder uitdagings nie. Met die enorme impak wat die tweede jaar van die pandemie op die kulturele aktiwiteite by skole gehad het, het die bekendmaking van die innoverende Filmit kompetisie vir hoërskole ‘n ligstraal laat opvlam wat die verbeelding van leerders regoor die land tot so ver as Namibië ontketen het. Hierdie kompetisie is moontlik gemaak deur Atterbury en WeBuyCars.

Paul Roos Gimnasium, Atterbury en WeBuyCars het Filmit in Maart 2021 aangekondig – ‘n kompetisie wat hoërskoolleerders uitdaag om hul filmidees aan ‘n paneel van onafhanklike beoordelaars voor te lê. Ten spyte van die pandemie was daar 70 inskrywings vanaf 35 skole dwarsoor Suid-Afrika asook vanaf Windhoek, Namibië. Van hierdie sewentig inskrywings is twintig van die beste voorleggings goedgekeur. Hierdie twintig skoolgroepe het deurgedring tot die volgende fase van die kompetisie. Dié finaliste het deurlopend mentorskap ontvang. ‘n Voorafopgeneemde opvoedkundige video is beskikbaar gestel op YouTube en het adviesbrokkies deur industriekenners in die velde van draaiboekontwikkeling, regie en die vervaardiging van films ingesluit. Kenners in kamerawerk, klankingenieurswese, akteurspel en redigering het ook tot die opvoedkundige video bygedra. Die finaliste het ook aanlynmentorskapsessies met vyf Suidoosterakteurs geniet.

Teen Oktober 2021 het negentien uit die twintig finaliste hul films ingedien. Teen Oktober 2021 het negentien uit die twintig finaliste hul films ingedien. Al die films is op Paul Roos Gimnasium se YouTube kanaal gelaai, waar die publiek vry is om die films te kyk en te geniet. Die publiek kon tussen 25 Oktober en 5 November vir hul gunsteling films stem. Die publieke stem tel 10% van die beoordelingsproses.

Die eksterne paneel van beoordelaars bestaan uit lede van Gambit Films, Infinity Films, Nagvlug Films, die Red and Yellow Creative School of Business, Annie’s Wardrobe en komponis, Braam du Toit. Genomineerdes in die onderstaande kategorieë sal Maandag , 15 November, teen 5nm aangekondig word.

  1. Beste film
  2. Beste regisseur
  3. Beste draaiboek
  4. Beste musiek of klankbaan
  5. Beste kamerawerk / kinematografie
  6. Beste redigeerder
  7. Beste spesiale effekte / kreatiwiteit op stel
  8. Beste kostuumontwerp / garderobe
  9. Beste aktrise
  10. Beste aktrise in ‘n ondersteunende rol
  11. Beste akteur
  12. Best akteur in ‘n ondersteunende rol
  13. Beste grafiese ontwerp

Twaalf kategoriewenners sal ‘n kontantprys vanaf ClemenGold ontvang. Die beste grafiese ontwerp wenner wen ‘n aanlynkortkursus in grafiese ontwerp by Red and Yellow Creative School of Business wat deur dié instansie geskenk is. Alle kategoriewenners ontvang mentorskap by industrie-spesialiste. Hierdie spesialiste sluit werknemers van filmmaatskappye, Gambit Films, Infinity Films, Nagvlug Films en Gravitron in. Ander spesialiste is onder meer Quanita Adams, Nosipho Dumisa-Ngoasheng, Braam du Toit, Fahema Hendricks, Eva du Preez, Nicole Fortuin, Neil Sandilands, Erica Wessels en Deon Lotz.

Die prysuitdeling sal aangebied word by Atlantic Studios en word moontlik gemaak deur Suidooster en Homebrew Films. Die gala-geleentheid sal op Vrydag 10 Desember plaasvind wanneer die wenners van die Filmit kompetisie aangekondig word en die eerste suksesvolle Filmit kompetisie saam met finaliste, wenners, beoordelaars, mentors, borge en lede van die Suidoosterspan gevier sal word.

Sien hier onder die plakkaatontwerpe van die 19 finaliste. Om die spesiale geleentheid by te woon en onderhoude met die wenners te skeduleer, kontak gerus vir Luna Paige by media@paulroos.co.za of Whatsapp (+27)82 859 2420. Sou addisionele of alternatiewe fotos vir publikasiedoeleindes benodig word, laat weet gerus vir Luna Paige.

FILMIT FILMS NOW AVAILABLE FOR VIEWING

This year was not without its challenges. With year two of the pandemic having an immense impact on cultural activities at schools, the launch of the innovative Filmit competition for high schools was a ray of light that sparked the imagination of learners across the country, even as far as Namibia. Filmit was brought to you by Atterbury and WeBuyCars.

Paul Roos Gymnasium, Atterbury and WeBuyCars launched Filmit in March 2021 – a competition aimed at challenging high school learners to pitch their short film ideas to a panel of independent judges. This resulted in seventy entries from 35 schools across the country and from Namibia. Of these seventy pitches, twenty were approved. These school groups moved to the final round of the competition. The finalists received mentorship by way of a pre-recorded educational video and online mentoring sessions with five actors from the TV series Suidooster. The educational video was made available via YouTube and included advice snippets by industry specialists in the fields of writing, directing and the producing of films. Experts in cinematography, sound engineering, acting and editing also contributed to this movie.

By October, nineteen of the twenty finalists submitted their works of art. All films were uploaded to Paul Roos Gymnasium’s YouTube channel where the public is free to view and enjoy the movies. Public voting was allowed between 25 October and 5 November. The public vote will count 10% of the final vote.

The external panel of judges consist of members from Gambit Films, Infinity Films, Nagvlug Films, the Red and Yellow Creative School of Business, Annie’s Wardrobe and composer Braam du Toit. The nominees in the categories below will be announced on Monday 15 November by 5pm.

  1. Best Film
  2. Best Director
  3. Best Screenplay
  4. Best Music / soundtrack
  5. Best Cinematography
  6. Best Editor
  7. Best Special Effects / Creativity on Set
  8. Best Costume Design / Wardrobe
  9. Best Actress
  10. Best Supporting Actress
  11. Best Actor
  12. Best Supporting Actor
  13. Best Graphic Design

Twelve category winners will receive a cash prize from ClemenGold. The Best Graphic Design winner will win an online short course in Graphic Design, courtesy of Red and Yellow Creative School of Business. All category winners will receive mentorship by industry specialists. These specialists include film companies Gambit Films, Infinity Films, Nagvlug Films and Gravitron. Other specialists are Quanita Adams, Nosipho Dumisa-Ngoasheng, Braam du Toit, Fahema Hendricks, Eva du Preez, Nicole Fortuin, Neil Sandilands, Erica Wessels and Deon Lotz.

The awards ceremony will be held at Atlantic Studios, courtesy of Suidooster and Homebrew Films. The gala event and awards ceremony will be held on Friday 10 December when the winners will be announced and the successful first year of Filmit will be celebrated with all finalists, winners, judges, mentors and members of the Suidooster cast.

See below the poster designs by all 19 finalists. To attend the special event and schedule interviews with the nominated winners, contact Luna Paige at media@paulroos.co.za or WhatsApp 082 859 2420. Should you require additional photos for publication purposes, please contact Luna Paige.