Read article in English

Onwettige handeldrywing

Atterbury is een van 10 applikante in die hangende litigasie, welke onder andere onverwante grondeienaars insluit.

Atterbury is nie gemagtig om namens ander applikante verklarings te maak nie en is bespreking van die meriete van die hofaansoek onvanpas waar dit hangende voor ’n hof is.

Atterbury moet egter in dié verband sekere aspekte uitlig.

Die oortredings ter sprake en die onderwerp van die hofaansoek is veeltallig en het nie net betrekking op die onwettige bedryf van restaurante nie. Etlike stelle geldende wetgewing word oortree.

Atterbury het nog nooit enige probleem met wettige mededinging in terme van konsekwente besluite van die munisipaliteit gehad nie. Nie een van die bedrywe en aksies wat die onderwerp van die hofaansoek vorm, voldoen aan hierdie vereiste nie.

Indien onwettigheid infrastruktuur, die totale karakter van die omgewing, eiendomswaardes en die ekonomiese gangbaarheid van wettige besighede negatief affekteer en die munisipaliteit versuim om sy statutêre pligte na te kom, is entiteite soos die applikante verplig om in te gryp om die kultuur van onwettigheid en inkonsekwentheid reg te stel.

Dit is irrelevant of daar hangende aansoeke vir of goedgekeurde grondgebruiksregte ten opsigte van die eiendomme ter sprake toepassing vind. Indien daardie regte nie by wyse van goedgekeurde terreinontwikkelingsplanne en bouplanne uitvoerbaar is as gevolg van nie-voldoening aan die voorwaardes waaronder dit uitgereik is nie, is en bly alle aksies, bouwerk en besigheidsbedrywighede onwettig.

Dit is betreurenswaardig dat lede van die privaatsektor op hulle koste en risiko by wyse van hofbevele wetstoepassing moet afdwing. Om hierdie rede is die munisipaliteit ook as respondent gevoeg en word ʼn kostebevel teen die munisipaliteit versoek.