Maak reg vir die dag van die hare wat waai
As bevoorregte mense voel ons nie altyd die koue so erg nie. Dit is hoekom ons besluit het om hierdie jaar op 14 Junie die hare te laat waai.
Op hierdie oggend knip ons ons hare borselkopstyl om te voel hoe dit voel om regtig koud te kry in die winter. Almal wat die hare laat waai, skenk ook elkeen R250 of meer kontant, wat aangewend sal word om minder bevoorregtes se winter bietjie warmer te help maak.
Daag jou vriende uit om dieselfde te doen. Gebruik die hutsteken #LaatDieHareWaai en wys almal op Facebook jy gee om.
Almal wat deelneem deur geld te skenk, kan ’n gratis koppige Sabana by GrootFM, Bloukrans Gebou, Lynnwood Bridge optel om weer die kop so bietjie warmer te maak (vanaf 14 Junie 2017, solank voorraad hou). Maak seker jy skenk en onthou om die hutsteken #LaatDieHareWaai te gebruik as bewys van jou betrokkenheid.
Al laat waai jy nie self jou hare borselkopstyl nie, kan jy nog steeds deelneem deur ’n kontantskenking te maak. Gebruik die hutsteken #LaatDieHareWaai op Facebook in ’n boodskap en skenk jou R250 of meer. Tel dan eenvoudig jou gratis Sabana by GrootFM op.
Deponeer jou bydrae in die volgende bankrekening: Atterbury Trust, Nedbank: 1497004187, Takkode: 149745, Verwysing: LaatDieHareWaai.
Wie het reeds bevestig dat hulle die hare gaan laat waai?
Louis van der Watt en ’n groot aantal ondersteuners van die veldtog by Atterbury, Lood Bester en sy span van Wildswinkel, Konrad Fleischhauer en die Fledge Capital-span, Twin City en Safari Outdoor.
So, doen dit self, kry iemand anders om dit vir jou te doen, vra jou vriend, vrou of vriendin, gaan haarkapper toe of doen dit op straat, maar doen dit net. Op 14 Junie moet die hare waai!
#LaatDieHareWaai




